Elize Kruger

Elzerie, soos ek my in die Here se Woord verlustig, wat lewend en kragtig is, en wat deurdring tot in ‘n mens se diepste murg en gewrig, so is jóú, en Johann se skrywe – dit voed en verkwik soos heuning uit ‘n rots(en ek is baié lief vir heuning )…..dit is soos borrelende suiwer fonteinwater.

Die Here het aan jou, en Johann ‘n baié besondere en unieke gawe geskenk – Julle het ‘n besondere vermoë om woorde en waarhede uit die Skrif te lig wat ‘n mens dalk al baie keer gelees het, maar dit dan skielik in ‘n heel nuwe lig sien. Dit is asof die Here deur julle woorde dieper betekenis, nuwe perspektief, en vars openbaring bring – asof Hy die Woord voor ‘n mens oopvou en sê: “Kyk, sien jy dit nou?”

Dit is ‘n besondere genadegawe wat die Here aan jóú en Johann gegee het – om Sy Woord só te verwoord dat dit tot lewe kom, en om Sy Woord nie net te verklaar nie, maar dit te laat lééf! Die Skrif kom nie net nader nie; ‘n mens sien dit met nuwe oë. Dit wat bekend was, kry skielik diepte; woorde wat ‘n mens al dikwels gelees het, begin op ‘n nuwe manier spreek. Die Heilige Gees laat deur julle die lig op sekere waarhede val, sodat ‘n mens iets raaksien wat nog altyd daar was, maar wat jy nog nóóít so gesien het nie; waar ‘n mens ook kan sê: “Ek het dít al gelees……maar vandág sien ek dit vir die éérste keer só.”

Shopping Cart
Scroll to Top