Elsabie van der Westhuizen

Ek wil vanoggend elkeen aanmoedig om ‘n kopie van hierdie boek, God’s Will Was Never Plan B, aan te koop, of dalk meer as een om dit dan met ander te deel. Deur net bladsy 13 te lees kan mens reeds sien hoeveel diepte in hierdie boek neergepen is. Nadat my man 24 April 2025 oorlede is, het ek soveel vrae gehad, al dwing ek myself om Hom slegs te vertrou, omdat Hy altyd in beheer bly selfs al is ons lewenservaring soms “buite beheer,” soms chaos. Geen antwoorde met ‘n diep verwonde siel met baie vrae en min of selfs geen onmiddelike antwoorde nie.

Hierdie boek spreek diep tot elkeen wat deur storms gaan, van watter aard ookal. Dalk lyk Jesus ook in jou lewensboot soos ‘n spook wat na jou aangestap kom, terwyl jy teen Sy bors wil lê en net die onsekerheid en pyn wil laat gaan. Lees die boek en vind rus binne, en heel moontlik antwoorde ook. Dalk sal jy soos ek ook diep gaan delf binne en selfs vir Vader vergifnis vra vir wat soms deur ons verwonde harte en emosies gaan. Dalk sal jy ook besef dat ons soms met ons gebede God wil dwing om ons wil te doen al sê ons so maklik: “Laat U wil geskied.”

Ek het onder andere toe my en Floors se oudste seun in 1993 in ICU was, na ‘n fratsongeluk, het beide van ons voortdurend intens gebid in die 5 dae wat Floors Jnr in Eugene Marais was. Ek wou nie opgee nie, ek het my wil desperaat gebid, maar my man, met trane in Sy oë, “nogtans nie my wil nie, maar U wil.” Ek het vas geglo God se wil is lewe, wat my man ook begeer het, MAAR in sy geesmens was daar ‘n Rhema woord wat ek nie wou hoor nie. Totdat ‘n kosbare vrou en haar man by ons kom sit het in ICU en vir my, nie vir Floors nie, vir my gesê dat ek by sy bed moet gaan sit en met Floors Jnr praat en dan vir die Here sê dat Sy wil moet geskied. Hier sal baie mense my dalk stenig, want God se wil is dan nie dat kinders sterf nie. MAAR in hierdie verhaal was daar baie meer en baie dieper wat in die paar maande na sy dood ontvou het. Ons leef soms stukke van Job se lewe, Josef se lewe… ons sien ten dele terwyl die Here die volle omvang van ons ervaringe ken. Ons ken slegs ten dele, terwyl Hy die begin van die einde ken.

Die woorde in die laaste paragraaf van bladsy 13 van jou boek het ‘n baie diep betekenis, dis uitstekend gestel: “And that, perhaps, is where we must start, not with the delusion that we can chart God’ s purposes like a map, but with the TRUST that behind every page of history, there is a pen still writing. Not a frantic hand trying to salvage disaster, but a steady hand that wrote the end from the beginning even WHEN THE STORY BLEEDS.” 🙏🏻 (20 Sept. 2025)

Shopping Cart
Scroll to Top