Share I AM has been created to serve and support the Body of Christ with material that is simple to use, biblically solid and practical.
Share I AM is geskep om die Liggaam van Christus te dien, ondersteun en voorsien van Bybelgefundeerde materiaal wat eenvoudig en prakties is om te gebruik.

Click on the Free EBook button below and receive a EBook via email completely free.

Kliek op die skakel hieronder en ontvang ‘n EBoek gratis via epos.

Welcome to Share I AM

Share I AM Ministry exists to help believers discover and live from the reality of Christ within. Our heart is not to promote a denomination, but to serve the entire Body of Christ, calling people beyond religious activity into living relationship, identity, and union with Jesus.

The ministry’s founders and authors, Johann and Elzerie van der Westhuizen, are available as guest speakers at Christian-oriented events, including church gatherings, camps, conferences, breakfasts, retreats, and special services. Their message carries depth, clarity, and pastoral sensitivity, helping individuals and communities encounter Christ not merely as doctrine, but as indwelling life.

Whether addressing leaders, congregations, or intimate gatherings, Share I AM brings a message rooted in Scripture, marked by humility, and centered on transformation through Christ.

Radio Onderhoud

Sluit aan by ons WhatsApp groepe. Volg die skakel hieronder.
Join our WhatsApp groups by clicking the link below.

Popular Books

Books that Awaken and Transform

Our written resources are birthed from revelation, prayer, and the desire to lead believers deeper into the reality of Christ within. Each title invites you to experience transformation and true union with Him.

Important Notice: Share I AM – Now Available Worldwide on Amazon!
We are excited to announce that our Christian books, are now available for purchase internationally on Amazon.com!

Click on product below to view 

R50,00
Share I AM – Daaglikse Oordenkings is ’n uitnodiging om God nie net te ken…
R80,00
Share I AM – Daaglikse Oordenkings is ’n uitnodiging om God nie net te ken…
R80,00
Share I AM – Devotions 4th Edition is a 30-day devotional designed to lead you…
R50,00
Share I AM – Devotions 4th Edition is a 30-day devotional designed to lead you…

Lede / Members

Lesings / Lectures

Christussentriese Lesings / Christ Centered Content

Opnames / Sermons

Klankopnames / Audio Sermons

Terugvoer / Reviews

Christelle Robbetze

Christelle Robbetze AMEN ! 🙌🏻 So…so, Dankie jy hierdie boodskap op Facebook met ons deel Elzerie ! Baie…

Elize Kruger

Môresê Elzerie, ek weet dat dit goed gaan met jóú/julle…..want jy/julle leef vanuit intimiteit met HOM, nie net…

Partner With Us in Sharing the “I AM”
Help Ons om die Groot “EK IS” te Deel

Gaan Loer in by Ons YouTube Kanaal
Visit Our YouTube Channel

Daily Devotion / Dagstuk

WANNEER JY NET SY STEM VOLG

📖 “Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil.” Matthéüs 5:11

Daar was nog altyd twee groepe mense in die geskiedenis van die Kerk. Die een is groot en sigbaar. Dit is diegene wat hoofsaaklik deur leerstellings, tradisies, strukture en godsdienstige gebruike saamgebind word. Die ander groep is dikwels klein en onopsigtelik. Hulle word nie in die eerste plek deur ‘n stelsel verenig nie, maar deur ‘n brandende liefde vir Jesus Christus. Hulle grootste begeerte is eenvoudig om Sy stem te hoor en Hom te volg.

Wanneer die Heilige Gees jou oë vir Christus oopmaak, ontdek jy gou dat geestelike insig nie altyd applous bring nie. Inteendeel, dit lei dikwels tot misverstand, verwerping en selfs vervolging. Dit was nog altyd die pad van mense wat eerder die Stem van God gevolg het as die veilige goedkeuring van godsdienstige tradisies.

Dit beteken egter nooit dat ons beter as ander mense is nie. Geestelike volwassenheid kweek nie elitisme nie; dit bring nederigheid voort. Wanneer Christus in ‘n mens gestalte verkry, verdwyn die behoefte om jouself te bewys. Paulus noem dit “die gesindheid van Christus” (1 Kor. 2:16), terwyl Ef. 4:13 dit beskryf as groei tot die volle maat van Christus. Ware seuns en dogters van God word daarom nie gekenmerk deur godsdienstige trots nie, maar deur drie kosbare vrugte: die gesindheid van Christus, die beeld van Christus en die vryheid van die Heilige Gees om ongehinderd deur hulle te werk.

Openbaring 14:1-5 beskryf mense wat die Lam volg waar Hy ook al gaan. Hulle volg nie bloot ‘n leerstelling nie; hulle volg ‘n Persoon. Hulle gehoorsaam Hom, selfs wanneer Sy stem hulle buite die gemak van menslike tradisies lei. Want wanneer jy eenmaal die stem van die Goeie Herder leer ken het (Joh. 10:27), word Sy teenwoordigheid kosbaarder as menslike goedkeuring. Mag ons gebed elke dag eenvoudig wees: “Here Jesus, trek my nader aan U. Vorm U gesindheid in my hart. Laat my U stem duideliker hoor as die geraas van hierdie wêreld, sodat my lewe nie my eie naam sal verhef nie, maar U liefde, U waarheid en U heerlikheid sal weerspieël.”

💭 Nadenke:

… Soek ek hoofsaaklik mense se goedkeuring, of is my grootste begeerte om die stem van Christus Jesus te hoor en te gehoorsaam?

… Word my lewe gekenmerk deur die gesindheid van Christus, of deur die behoefte om my eie standpunt te verdedig?

Shopping Cart
Scroll to Top