Dina Steenkamp

Hiermee wil ek die boek “God’s Will Was Never Plan B,” aanbeveel. Toe ek die boek begin lees, praat die Here met my. Ek laat sak die boek en luister. Die Here sê daar is wêreldwyd en ook so in Suid-Afrika baie mense wat na Hom roep. Hulle begeer meer van die Here en Sy waarheid. Hulle is moeg vir die leemte wat hulle ervaar in hulle Christen lewens.  Hulle besef daar is meer as dit en hulle honger na meer van die Here en Sy woord en Sy waarheid. Dis hoekom Hy hierdie skrywer, Johann, bemagtig het om hierdie boek te skryf. Elkeen wat soekend is na meer: dan is hierdie boek vir jou bedoel.

Lees en sien dat die Here stukkende mense gebruik. Of te wel stukkende erdekruike. En jy sal meer leer oor Sy woord en jou honger sal gevoed word. As jy die Here gaan vra, sal Hy jou transformeer om soos Jesus te praat en te leef. Sonder Jesus is ons niks. Geniet die boek. Bid en bepeins dit wat jy lees. Laat die Heilige Gees jou lei. (17 Sept. 2025)

Shopping Cart
Scroll to Top