Johan & Maggie Fritz

Môre Johann, Author’s Note – God’s Will Was Never Plan B: Johann jy het meer waarheid en siels-ware siels ontbloting in 4 bladsye neer gepen, as meeste mense in ‘n hele boek. Jy het jouself oopgestel dat die leser in die Waarheid kon inkyk en beleef. Dankie dat jy jouself in tekortkominge en nie as volmaak kom ooplê, dat ons besef dat daar elke dag aan ‘jouself’ gewerk moet word. Ons het dit nodig om dit rou en eerlik in die gesig te staar. Minder van ons en meer van Die Volmaakte Jesus in ons.

Die boek bring ons werklik tot in die Troonkamer van GOD ONS VADER, waar SY WIL JESUS CHRISTUS, is. Want Jesus is die Wil van die Vader. Nie mensgemaakte idees en planne nie. Die boek skakel so mooi in by die Woord wat Vlees geword het en hier kom wandel het om vir ons ‘n nalatenskap te los van die Wil van God. Nie Jesus plus ons idees nie, maar net Jesus Christus in Sy Volheid.

Die boek vat jou op ‘n baie diep en besondere reis saam met Jesus Christus. ‘n Mens se besef dat dit so ‘n voorreg is om in Sy voetspore te loop, is bokant die normale denke. Dis lewensveranderend. Daarom kan ons hierdie boek sterk aanbeveel. Dis ‘n belegging vir jou Geestelike ontwikkeling om volwassenheid te bereik.

Baie dankie dat ons saam met jou en duisende ander op hierdie reis van verandering in onsself kan gaan. Groete en seën vir die dag.

(16 Sept. 2025)

Shopping Cart
Scroll to Top