Koos & Anna Botha

Ek beveel hierdie boek, God’s Will Was Never Plan B, aan.

Johann, jy het ‘n best seller hier geskryf. Hulle het vir Lee Child gevra waar hy die gedagte gekry het om die “Reacher” reeks boeke te skryf en sy antwoord was skitterend. Hy het vertel dat almal in hierdie dae voel asof hulle nie meer kan dra nie en dit vergelyk met die Israel volk van die Bybel. Hulle was verdruk en moedeloos en toe hulle nie meer kon verduur nie, het Jesus gekom om hulle te verlos. Lee Child het “Reacher” opgewek om die mensdom te laat voel dat daar iemand was om hulle te help om dinge weer te herstel.

Die wêreld wat nie ons Verlosser ken nie het van die “Reacher” reeks ‘n best seller gemaaak. Ek glo dat elkeen van ons wat nie meer die Woord hoor waarmee ons grootgeword het nie, wat in ‘n woestyn in ons huidige land sit en weer vra “how can we sing the Lord’s praise in a strange land” hierdie Treffer wat jy geskryf het op die trefferlys gaan sit. Dankie vir hierdie boek. Ek weet dat elke persoon wat jou boek lees weer nuwe moed en rigting sal kry.

Johann, julle doen ‘n wonderlike werk met hierdie opbouende stukkies wat julle opdis. Julle gee ons baie om oor na te dink. Ek glo dat Pastoor Jannie, net soos ons, baie trots is op julle. Ek geniet die boek wat julle geskryf het en besef hoeveel tyd en werk daarin gegaan het. Mag ons Vader julle en die boek ryklik seën en gee dat baie “kinders” tot “volwassenheid” sal groei deur die lees van jou boek.

I want to express myself again: This is a wonderful book just published by a wonderful child of God. I enjoy every page of it and strongly recommend this book. It is priced very low for a work of this magnitude. Buy one and you will be blessed by the simple truths so clearly written…. I will personaly give you a money back guarantee … Al wat ek kan sê is … GOD BLESS JOU. Liefde en Blessings hier uit Kiwiland. (28 Sept. 2025)

Shopping Cart
Scroll to Top