Middagsê Elzerie,
Die guns vd Here rus verseker óp óns/my, deur die persoon wie jy is…..dit waarvoor die Here jóú gebruik om Sy Bruid mee te bedien, kom direk vanaf God se Troon tot by Sy kleed. Dankie dat jy toelaat, dat die Here só kragtig deur jou werk en vloei, om Sy Bruid tot volwassenheid te lei……..dit is net verstommend hoe Openbaringskennis soos 2de natuur uit jou vloei……Christus het jóú natuur geword….soos die Vader en die Seun één was, so is jy één met die Vader, Seun en Heilige Gees, en so ook Johan. Wat ‘n absolute voorreg om deel te kan wees van Christus se bediening deur jou/julle…..julle doen verseker gestand aan die naam ‘ShareIAm’
Ek wil net baie dankie sê vir die geskenk/e wat weer by my voordeur afgelewer is, meer as wat ek voor aangevra het…..ek waardeer dit uit my hart uit.
