Julle is vir my ook uiters kosbaar. Om te dink ons het mekar nog nooit in persoon ontmoet nie, maar tog is daar `n “divine connection” deur die Here self in ons lewens ingeweef. Ek geniet julle geestelike deursigtigheid, die Goddelike wysheid en insig wat uit julle vloei. Veral die afwesigheid van godsdienstige klanke is opmerklik en dit waardeer ek so baie. Ek kan maklik identifiseer met dit wat julle deel. Dis so kosbaar vir my. Ek bid regtig dat die Here in elkeen van ons nuwe dieptes van Homself in ons sal aanwakker, dit wat nou vir Hom belangrik is in hierdie tyd waarin ons is. Seëninge vir julle.
