Jannie Van Zyl

Wil jul uit die diepte van my hart gelukwens met die puik boek, God’s Will Was Never Plan B. Jul harde werk is ‘n hoeksteen in die huis van die Here, Sy tempel, die konings en priesters na Sy hart, die wonderlike veelledige liggaam van Christus.  Jul is spesiaal. Nou is aflosstokkie in jul hand. Sny die lyn. Hardloop voluit. En lei mense op soos ek jul opgelei het. Jul twee is soet Paradysvrugte in Sy tuin. Hy eet allereers. Jul is deel van Sy tuin. Hy sal Sy vriende persoonlik nooi om jul te “eet!!!”

Ek dink jul boek is puik. En jul dagstukkies is ook in ‘n ander klas as al die gewone godsdienstige sêgoed. Liefde en vrede vir jul twee. (30 Sept. 2025)

Shopping Cart
Scroll to Top