The Call out of Churchianity and into the Christ Life, is ‘n feesmaal vir my siel! In die boek word ou waarhede van die Woord op so ‘n wyse ontrafel, dat dit weer nuut en vars word. Elke bladsy stem jou tot nadenke, opgewondenheid en rus in die Here. Hierdie is vaste spys vir die siel. My gees boksprings oor die lekkerte van deel wees van die Bruid van Christus, die voorreg van lid wees van Sy liggaam en die vreugde van kerk wees.
Hierdie boek help ons as Bybelstudie-groepie om weer ons fokus op ons intieme verhouding met Jesus Christus en ons eenwees met mede-gelowiges (Christusbevatters) te vestig. Dankie Johann en Elzerie dat julle Jannie van Zyl se leringe oor die ware kerk van Christus (en sy openbarings wat hy oor baie jare met soveel liefde met ons gedeel het), op so n kosbare wyse saamgevat en aangevul het in hierdie boek. Mag hierdie lewebevattende saad wat gesaai word veel vrug oplewer.
