WhatsApp groepe
Na aanleiding van organiese groei, terugvoer en aanbevelings van verskeie lede van die Share I AM familie het ons dit goed gedink om ‘n addisionele WhatsApp groep te stig om aan almal se behoeftes te voldoen.
Sommige lede het genoem dat hulle ‘n behoefte het tot groter interaksie tussen lede en wil vrymoedigheid hê om te vra vir onder andere gebedsversoeke, bemoediging ens. Ander het weer gevoel hulle wil meer fokus op die studie stukke wat geplaas word en dat interaksie se fokus op die plasings moet bly.
Die gevolg is dat ons dit goed gedink het om twee aparte WhatsApp-groepe skep:
1️⃣ Share I AM (Studie Groep) vir daaglikse oordenkings, leringe en refleksies.
2️⃣ Share I AM (Lief en Leed) vir die deel van Christusgesentreerde inspirasies, gebedsversoeke en bemoedigings onder die lede.
As jy nog nie deel is van die Share I AM familiegroep nie, wil ons jou nooi om deel te word. Indien jy reeds deel is, “share” asseblief ons skakels met mense wie jy weet baat sal vind by ons groepe.
Met liefde en vrede,
Johann & Elzerie | Share I AM
Kliek hieronder om aan te sluit
Share I AM (Studie Groep)
Doel: ‘n Doelgerigte ruimte wat fokus op oordenking, lering en geestelike groei.
Reëls:
- Daaglikse plasings sal deur admin gedeel word, wat insluit ‘n dagstukkie vir oordenking, lering en refleksie.
- Lede is welkom om kommentaar te lewer of getuienisse te deel wat verband hou met die boodskap van die dag. Behou vrymoedigheid hiervoor, dit is belangrik.
- Om die fokus suiwer te hou, moenie ander prente, skakels of algemene boodskappe plaas wat nie verband hou met die dag se onderwerp nie.
- Hou alle kommentaar opbouend, eerbiedig en Christusgesentreerd.
- Enige inhoud wat nie gepas is of nie Christussentries is nie, kan deur admin verwyder word om die gees van die groep te beskerm.
Hierdie groep is bedoel as ‘n stil tuin; ‘n plek om te luister, te reflekteer en geestelik te groei.
Share I AM (Lief en Leed)
Doel: ‘n Gemeenskapsruimte vir bemoediging, gebed en om saam met mekaar in Christus te wandel.
Reëls:
- Lede is welkom om Christusgesentreerde boodskappe, Bybelverse en inspirerende prente te deel.
- Jy mag gebedsversoeke plaas of woorde van vertroosting en bemoediging met ander deel.
- Hou alle plasings gewortel in liefde, waarheid en opbouend.
- Enige inhoud wat nie gepas is of nie Christussentries is nie, kan deur admin verwyder word om die gees van die groep te beskerm.
Hierdie groep is ‘n familiekring; ‘n plek om saam te deel, te bid en te groei in geloof en medelye.
