Merciful Sons & Daughters of God en The Call out of Churchianity ….
Baie dankie vir hierdie twee kosbare boeke! Dit is werklik Geesgeïnspireerd. Dit is inspirerend, opbouend …. Dit dra vrug net waar dit gesaai word. ‘n Vriendin vir wie ek een gegee het, wat ‘n pragtige kind van die Here is en ‘n lang pad met die Here loop, het nou die dag vir my gesê: “Ek lees nou daai boek wat jy vir my gegee het… ‘n mens kan nie daai boek lees en onveranderd anderkant uitstap nie.” Dankie vir jou en Johann se moeite en insette om dit vir ons moontlik te maak om goeie saad te saai.
