Môresê Elzerie, ek weet dat dit goed gaan met jóú/julle…..want jy/julle leef vanuit intimiteit met HOM, nie net vanuit kennis van Hom nie……🕊️🦅
Hierdié kosbare boodskappe die afgelope ruk wat ons ontvang op die Share I AM WhatsApp Studiegroep oor Wysheid vanuit die Boek Spreuke, is so transformerend…..kies ons wysheid of dwaasheid, waar die grootste stryd afspeel in ons hart, waar motiewe en gesindhede gevorm word, waar ons elke dag moet kies tussen hierdié twee stemme…….en soos jy noem, is Spreuke nie net bloot ‘n boek vol goeie raad nie, maar ‘n openbaring van die Koning se denke, en Sy manier van leef…….en dit is God se praktiese wysheid vir ons alledaagse lewe……Wysheid is waarheid, wat in die praktyk sigbaar word in ons lewe………
Só dankie dat jy/julle ons lei, in die redding van ons siele 👣👀❤️✝️👑
Ek is besig met die boek Merciful Sons & Daughters of God. Hierdié boek is só verrykend, ek vorder nie baie vinnig nie, want ek bly teruggaan, en lees dit weer oor en oor…..dit lei ‘n mens in soveel diepte en waarheid in 📗🕊️🦅
Seën, Vrede en Vreugde, en Liefde vir jóú 🌹❤️
