Dankie vir hierdie Goddelike waarheid wat ek vanoggend op die Share I AM WhapsApp-groep ontvang het… my HELE geestelike lewe… my verhouding met JESUS… my alledaagse wandel en belewenis van JESUS het totaal verander die dag toe dit vir my openbaringskennis geword het. Dieselfde GEES wat Jesus uit die dood uit opgewek het… (Resurrection power) “Dinamus” krag, Heilige Gees krag, woon IN my… die Gees van Abba die Gees van Jesus woon IN my. Die werklikheid van dit moet besef word, dan sterf ek daagliks… sodat SY Goddelike natuur in my werklikheid word en JESUS in my gestalte kan vind… sodat ek as nuwe skepsel… ‘n nuwe lewe kan leef. (Christ IN me the hope of glory…..The Calling). Dankie Johann en Elzerie🌿
